Sony PsP

Sony PsP (Playstation Portable) is 'n klein draagbare rekenaartjie waarop mens speletjies kan speel, musiek, foto’s en video’s kan stoor en die internet kan gebruik.

Die PSP is beskikbaar in die volgende modelle: PSP 1000, PSP 2000, PSP 3000 en die nuutste model, PSP Go. Die PSP 1000 het op 12 Desember 2004 in Kanada verskyn. Die PSP 2000 het in September 2007 verskyn. Die PSP 3000 het in Oktober 2008 gevolg en die PSP Go in Oktober 2009.

Die PSP is beskikbaar in elf kleure naamlik swart, wit, silwer, yssilwer, pienk, rooi, goud, blou, groen, pers en metaalblou.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy